Meer oor Farm Costing Solutions New

Farm Costing Solutions Edms. (Bpk.) is ‘n maatskappy wat in private besit is. Ons doen navorsing, ontwikkeling en vervaardiging van harde- en sagteware vir die landbousektor.

Farm Costing Solutions is ‘n onderneming wat in dataversameling spesialiseer. Ons het meer as 22  jaar se ondervinding in die bedryf  en in tydbenuttingsbeheer-programmatuur. Voorheen bekend as Time Management Solutions (TMS).

Farm Costing Solutions werk ten nouste saam met boere om hul sakebehoeftes te verstaan ten einde ‘n tydbenuttingsbeheer-oplossing te bied wat by hul unieke behoeftes pas.

Ons Missie

Ons missie is om ‘n betroubare en effektiewe diens aan ons kliënte te bied. Ons is trots daarop dat ons:

    • Openhartig, eerlik en regverdig is in ons verhouding met ons kliënte
    • Ons kliënte met toewyding en respek hanteer
    • Daarna streef om langtermyn vennootskappe te vestig
    • Die sakebehoeftes van ons kliënte begryp
    • Voortdurend die stelsel verbeter
    • As ‘n gedissiplineerde span werk


  • Sommige van ons Kliënte