Farm Costing Solutions is hoogs betalend

“Die stelsel het homself binne vyf maande afbetaal,” sê Anton Muller van Laborie Boerdery in die Limpopo-Provinsie.

Anton hanteer die sitrusboerdery van die Muller Familie Boerdery Trust in Letsitele. Sy neef, Michael Muller, van Doornfontein Boerdery, boer in Politzi met avokado’s.
Beide Anton en Michael het agt maande gelede Time Management Solutions (TMS) begin gebruik. Die Mullers boer op sewe plase waarvan vyf avokado’s en twee sitrus en groente produseer.
Aan die sitruskant van die boerdery het hulle 29 permanente werkers en tussen 60 en 70 seisoenswerkers. Daar is ook tussen 12 en 20 werkers wat met groente werk.

By die avokadoboerdery is daar 70 permanente werkers en 120 tydens seisoenstyd betrokke. Hierdie groot arbeidsmag het dit dus genoodsaak dat arbeidsverwante koste en produktiwiteit meer noukeurig gemonitor word.

Tydens ’n gesprek met Anton en Michael het hulle die volgende voordele wat FCS vir hul boerdery gebring het, uitgelig.

Die effektiewe monitering van werkers
Volgens Anton was die kaartjieknipstelsel wat hulle voorheen gebruik het baie moeilik om te kontroleer en is die TMS-stelsel meer akkuraat. TMS word by boere se individuele behoeftes aangepas.

In Anton se geval kan die sagteware stukwerk reguleer om werkers nie meer as een keer binne 35 sekondes te laat klok nie. Sakke wat tydens middagetes en naure geklok word kan maklik vir korrektheid kontroleer word. Op hierdie wyse word die geleenthede vir bedrog uitgeskakel. Dit is op grond van hierdie ooglopende besparings waar hulle voorheen vir werkers betaal het vir werk wat nie gedoen is nie, dat Anton meen dat die stelsel hom reeds binne vyf maande afbetaal het. Deurdat oneerlikheid uitgeskakel word, het verhoudinge tussen die bestuur en werkers ook baie verbeter.

Verhoogde vertroue tussen werker en werkgewer
Daar was aanvangsprobleme vir al die partye, meen Michael. Om van ’n hand-, pen- en papiermetode na ’n elektroniese stelsel oor te skakel was vir die bestuurspan ’n uitdaging. Vir die werkers was dit ook moeilik om ’n “masjientjie” wat hulle ure kan lees, verwerk en registreer, te vertrou.

Die werkers het die stelsel begin vertrou omdat hulle teenwoordig is as die data ingevoer word. Die kaartlesers word deur operateurs beman om die korrekte invoering van die totale geplukte kratte te verseker. Die plukker staan by as sy kratte getel word en sien dat die korrekte hoeveelheid teen sy naam ingevoer word. Die inklok en uitklok van die werker word akkuraat registreer met die gevolg dat navrae van die werkers in verband met die hoeveelheid ure wat hulle gewerk het nou vinnig en deursigtig afgehandel kan word.

WAT IS TMS?

  • Die TMS-stelsel is ’n produk van Farm Costing Solution (FCS).
    Dit is ‘n gebruikersvriendelike en tydbesparende metode om elektronies
    alle arbeidsverwante kostes te versamel en dan daarvoor te begroot.
  • Afgesien van die feit dat kostes en produktiwiteit akkuraat bepaal word,
    is TMS ook ’n effektiewe metode om plaaswerkers se werksure te kontroleer.
  • Plaaswerkers kry ’n kaart (tag) om deur ’n elektroniese leser te trek wanneer hulle aan diens kom en ook as hulle van diens af gaan. Op hierdie manier word die werksure akkuraat bepaal.
  • Hierdie inligting is toeganklik en integreer met ’n verskeidenheid betaalstelsels soos VIP, Donkerhoek Data en FCS Payroll. Rekords vir afwesigheid, laatkom, korttyd, oortyd, daaglikse en weeklikse werksure, kan maklik opgeroep word.
  • TMS is ideaal vir stukwerk.
  • Onder toesig van ’n bestuurder trek werkers hul kaart (tag) deur ’n draag
    bare elektroniese leser as hulle ‘n spesifieke taak voltooi het.
  • Die stelsel bepaal dan outomaties elke werker se loon gebaseer op die werk wat hy voltooi, bv. die aantal sakkies lemoene wat hy daardie dag gepluk het.
  • Al hierdie inligting word na ’n sentrale databasis gestuur.
  • Toegang tot inligting is te alle tye beskikbaar.

Albei die Mullers meen dat die vertrouensverhoudinge op die plase baie verbeter het.

Baie minder spanning

Vir Michael is die belangrikste voordeel van die gebruik van TMS dat die bestuur se stresvlakke verlaag het. Volgens hom loop korrektheid en tyd en gesondheid en geld hand aan hand.

TMS skakel die tydsame en dikwels onakkurate invoer van data met die hand uit. Om foute reg te stel was ’n tydrowende proses wat tot spanning tussen bestuur en werkers gelei het. TMS bespaar nie net tyd met die vaslegging van data nie, maar ook die hantering van navrae word baie vinniger afgehandel.

WAT IS FCS PAYROLL?

Dit is ’n betaalstaatmodule wat ontwerp is met maklikheid en
gebruikersvriendelikheid as uitgangspunt.
Van die eienskappe van die stelsel is:
1. dat dit salarisstrokies maklik, vinnig en korrek genereer;
2.’n gelyktydige toekenning aan kostesentrums;
3. loontarief kan per uur of per dag bereken word;
4. daar is vinnige toegang tot vorige salarisstrokies;
5. ’n werknemer se rekening kan maklik bestuur word;
6. dit akkommodeer verskeie betalingsmetodes;
7. belastingvorms word outomatiese genereer en kostes kan omvattend rapporteer word.

Die akkuraatheid van TMS bespaar tyd en koste en is spanningsvry.
Die Mullers het ook die loonprogram, FCS Payroll aangekoop.
Die tyd wat aan die opstel van betaalstate en administratiewe werk spandeer word, word aansienlik verminder. Waar dit vir die Mullers voorheen twee dae geneem het om die lone te doen, word dit nou binne ure afgehandel. Weer eens word navrae vinnig hanteer. Alles is bydraend tot laer stresvlakke.

Selfmotivering van werkers
Die avokadoplukkers word per geplukte krat, wat ongeveer 16 kg vrugte bevat, betaal. TMS bereken daagliks elke plukker se totaal. Hierdie
totale word uitgedruk en opgeplak. Soggens voor werk kyk die plukkers na die vorige dag se totale en probeer daarop verbeter. Die sterk plukkers probeer hul posisies behou en die swakkeres probeer verbeter. Omdat dit
met heelwat skertsery gepaardgaan, is dit ’n baie gesonde vorm van kompetisie, meen Michael. Hierdie selfmotivering lei tot groter
produktiwiteit.

Ondersteuning en nasorgdiens
Beide Anton en Michael is baie beïndruk met die opleiding wat TMS verskaf, asook met hul volgehoue ondersteuning.
“Hulle lewer ’n verskriklike goeie diens, ek het net nog nooit voorheen so iets beleef nie,” sê Anton. Deur middel van TeamView kan probleme feitlik onmiddellik uitgestryk word. FCS het boonop ’n verteenwoordiger in Limpopo wat persoonlike diens verskaf. As gevolg van die ondersteuning kon hy die stelsel baie maklik implementeer.
Volgens Michael was: “Die aanvanklike diens, asook naverkope-diens en ondersteuning fantasties. Hulle is flink en byderhand.” Die gebruik van FCS het vir die Mullers groter beheer oor hul arbeidsmag gegee; produktiwiteit is verhoog en verhoudinge op die plase is verbeter. FCS se goeie diens gee hulle gemoedsrus. En om Michael aan te haal: “’n Stresvrye boer is ’n gesonde boer.”

For more information about how your business can benefit from TMS, contact Val Harker at: Landline: +27 (0)21 556 2561 Cellphone: +27 (0)82 518 2300 Email: val@tms.za.net www.tms.za.net