Spuitbestuurder

Die hoofdoel van Spuitbestuurder (Spray Manager) is om ‘n akkurate rekord te hou van alle chemiese stowwe wat in die boorde gespuit word.

Die mark vereis dat chemiese stowwe nagespoor kan word en Spuitbestuurder verskaf al die inligting wat deur GLOBAL G.A.P. en Nature’s Choice vereis word.

Spuitinstruksies

    • Nadat die boorde in Spuitgroepe verdeel is en ‘n trekker en spuitwa aan elkeen toegeken is,
    • is dit maklik en eenvoudig om ‘n spuitinstruksie op te stel.
    • Daar is 3 eenvoudige stappe om ‘n instruksie te skep.
    • Selekteer die chemikalieë en spuittipes.
    • Selekteer die boorde.
    • Druk die instruksies uit.

Kenmerke

    • Dit is vinnig om instruksies op te stel
    • Gedrukte instruksies vir elke bestuurder
    • Waarskuwings vir ongeldige kalibrering
    • Waarskuwings ten opsigte van terughouperiodes en groeifases